DIYLifestyleNews

Kompetisie: Wen met Colette Living

Jou video kan vir jou ’n konsultasie met bekroonde binnenshuise versierder Colette Angelucci, asook verskeie mooimaak goed vir jou huis wen.

Oud Middelburger Colette Angelucci is besig om vinnig naam te maak in die binnenshuise versieringsindustrie. Sy het onlangs weer weggestap met ’n Decorex Excellence Award.

Een van Colette Living se onlangse projekte vir ’n privaat kliënt.

Jy kan ’n kans wen om haar talent in jou eie huis in te span. Het jy ’n vertrek wat jou hoofpyn gee? Iets wat jy wil mooi maak maar jy weet nie hoe nie?

Een gelukkige wenner sal ’n gratis konsultasie met Colette Angelucci van Colette Living wen.

Die prys  sluit in:

• ’n persoonlike konsultasie,

• ’n digitale mood board met voorstelle,

• versierings items waaronder ’n mat ter waarde van R5 000,

• ’n persoonlike besoek van Colette om verskuiwings en verstellings te doen.

Om deel te neem:

• Neem ’n video waarin jy die vertrek wys en motiveer hoekom Colette jou moet kom help.

• Gaan ‘likeMiddelburg Observer en Colette Livingop Facebook, laai jou video op Facebook en noem beide @Middelburg Observer en @Colette Living in jou inskrywing. Gebruik die hutsteken #KiesMy ook in jou inskrywing.

Maak seker dat die inskrywing se stellings (privacy settings) na “public” gestel word, anders gaan die beoordelaars nie na jou video kan kyk nie.

• Inskrywings moet voor of op 15 Oktober op Facebook gelaai wees om in aanmerking te kom vir die prys.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button