News

Stormwind saai verwoesting by Pienaardam-oord

Woeste wind het groot skade by Pienaardam aangerig, waar werkershutte beskadig en tot 20 bome ontwortel is.

’n Hewige stormwind wat die Middelburg-omgewing gisteraand2 November getref het, het groot skade by die Pienaardam Ontspanningsoord aangerig.

Die grootste skade is, volgens Venessa van Niekerk van die oord, aan die werkerswoonkwartiere berokken. Werkershutte is erg beskadig, dakke het afgewaai en die geaffekteerde werkers moes intussen in ander eenhede gehuisves word.

Daarbenewens is tot 20 bome by die oord ontwortel, wat verskeie paaie versper het. Danksy die personeel se flinke optrede is daar vinnig ingespring om die bome uit die pad te sleep sodat die dam weer toeganklik kon wees, en werkers was vandag heeldag besig met opruimingswerk. Die oord bly gevolglik steeds oop vir sake.

ALSO READ: Water crises in Gauteng and Mpumalanga threaten to sway municipal election votes

Op Middelburg is verskeie paaie ook versper deur bome wat omgewaai is en die Bethalpad was vir ’n tyd lank gesluit, nadat ’n boom oor die pad geval het.

In die dorp self is verskeie paaie ook deur omgewaaide bome versper, en die Bethalpad was vir ’n tyd lank gesluit nadat ’n boom oor die pad geval het.

Bome is by Pienaardam omgewaai.

Ten spyte van die swaar winde is slegs 10 mm reën by die oord gemeet en 9 mm op die dorp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button