EntertainmentLifestyleNews

Orrelmusiek om 150 jaar te vier

Orrelmusiek entoesiaste kan hulself regmaak vir ’n aand van musiek om die witkerk se orrel se 150ste jaar te vier.

As deel van die Witkerk se 150 ste bestaansjaarvieringe is besluit om die soeklig te laat val op die orrel as aanbiddingsinstrument van die gemeente.

‘n Aand van orrelmusiek en sang word daarom aangebied op 10 November, om 19:00, in die kerkgebou met Renette Bouwer, as gaskunstenaar.

Renette Bouwer. FOTO: Artslink.co.za

Pyporrels het vandag, net soos goeie orreliste, feitlik bedreigde items geraak.

Die Witkerk beskik egter oor die oudste orrel in die dorp. Dit is aangekoop en geïinstalleer in 1936, en is steeds in volle gebruik.

Visuele beelde van die orrel se binnekant en die werking van die instrument, toegelig met interessante feite rondom hierdie grootse instrument, sal die aand verder inkleur.

Na afloop van die konsert word ‘n kaas- en wynfunksie in die kerksaal aangebied.

Kaartjies, teen R100 per persoon, is by al die kerkkantore in die dorp beskikbaar.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button