Vroue in hospitaal na maermaak prosedure
Twee vroue moes gehospitaliseer word terwyl ander deur plaaslike dokters behandel is, nadat hulle 'n maermaak prosedure by 'n salon op Middelburg ondergaan het.
Volgens inligting wat deur www.mobserver.co.za bekom is, het minstens vyf vroue probleme ondervind na hulle die prosedure ondergaan het, wat beloof om klaar te speel met selluliet en met gewigverlies te help.
Hulle het absesse in hul bene ontwikkel waar hulle die ‘naaldlose inspuitings’ gekry het. Een vrou moes haar eiland vakansie kanselleer, omdat sy nie kans sien om in ‘n swembroek gesien te word nie.
Een van die vroue wat gehospitaliseer is, is intussen ontslaan. Die ander een moes reeds vyf keer teater toe vir operasies en is steeds in die hopsitaal.
Een van die vroue het om en by 50 absesse ontwikkel en die ander meer as 70 absesse.
Lees: Vrou glo by ‘kliniek’ verkrag terwyl sy onder narkose is
Verskeie dokters in Middelburg het bevestig dat hulle sulke pasiënte behandel het die afgelope tyd.
Volgens www.a2magazine.co.za word naaldlose inspuitings met ‘n toestel wat fyn straaltjies vloeistof teen hoë druk spuit om die vel te penetreer toegedien. Die merk herinner baie aan die outydse entmetodes, wat ‘n amper blompatroon met verskeie gaatjies op die vel maak.
Die naaldlose inspuitings is deur die Butterfly Beauty and Wellness Clinic in Middelburg gedoen. Die eienaar van die kliniek, Gloudie Thomas, sê dat sedert sy bewus geword het van die voorvalle, haar masjien getoets is en sy geen bakterieë kon opspoor nie.

Die prosedures is deur ‘n suster, was spesiaal vir opleiding gegaan het, toegedien. Dit is intussen gestaak.
Mev. Thomas het gesê “dat daar geen manier is” wat sy weet of die vroue ter sprake hul nasorg sorgvuldig gedoen het nie. Hulle teken ‘n vrywaringsvorm en word, volgens haar, ingelig oor hoe hulle die nasorg vir die volgende 72 uur moet doen.
Mev. Thomas sê dat haar prokureur haar aangeraai het om nie verder kommentaar te lewer nie.
Lees: So lyk jongmense wat deur die dwelmdraak vernietig is
Doktor Annelie Trefz, van Needleless To Say, wat die produk verskaf het, het gesê dat hulle nog nooit sulke klagtes gehad het nie. Sy het bevestig dat sy die opleiding verskaf het, en gehelp het om die masjiene te toets, toe hulle bewus raak van kliënte met komplikasies in Middelburg.
Dr Trefz, wat ‘n PhD in natuurlike medisyne het, sê ‘n patologiese verslag bevestig dat daar geen bakterieë op mev. Thomas se apparaat was nie.

‘n Man wat hom as die eienaar van Needleless to Say geidentifiseer het, het gebel en met ‘n dringende hofinterdik gedreig.
Hy het gesê dat dit onregverdig is om die produk se naam te noem terwyl daar “derduisende mense regoor die land” is wat dit gebruik.
Needleless to Say het ‘n vorm wat hulle teken met hul kliënte wat hulle kwytskel van enige latere komplikasies. Hulle het mev. Thomas beskuldig dat sy hul besonderhede verskaf het en haar gedreig met regsaksie.
• Die vroue wou nie oor hulle nagmerrie ondervinding praat nie.
Lees: Sesjarige deur spinnekop gebyt
• Plaaslike prokureur Theo Pistorius het bevestig dat van die vroue by hom was vir ‘n konsultasie. Hulle is tans besig om die saak te ondersoek vir moontlike regsaksie.
From the outset it is imperative that a clear distinction is made between Needleless to Say and the Butterfly Beauty and Wellness clinic as Needleless to Say supplies products and training to various clinics and salons across South Africa.
As a result of the allegations presented to Needleless to Say, we have lodged a full investigation into the situation. Needleless to Say have also instructed Butterfly Beauty and Wellness Clinic to suspend all therapy and treatments while the investigation is being conducted.
It is placed on record that there are numerous factors that may contribute to the results and/or lack thereof, as being reported or experienced by the clients of Butterfly Beauty and Wellness Clinics.
Lees ook:
Vermeende plaasaanvaller verdwyn
Plaasaanval- Saak weer uitgestel vir borg
Vroue steel sambreel by liefdadigheidsfunksi
Increase in kidnapping and murder of children in Middelburg, Mpumalanga
Soek jy nuus op ‘n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons Youtube Kanaal.
Het julle vir ons ‘n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
