News

Polisie te ‘stupid’ om saak op te los

Die polisie is te stupid om enige saak op te los en daarom het hy geen slapelose nagte nadat hy ’n man doodgeskiet het nie

So het ’n skieter gespog nadat hy ’n jong pa doodgeskiet en daarna vermoedelik van die wapen ontslae geraak het.

Read: What really happened when Gerhard Coetzer was shot and killed

Na ’n maand lyk dit asof die skieter reg is, dat die polisie stupid is, want daar is geen ondersoek gedoen na die dood van mnr. Gerhard Coetzer (29) nie en die ondersoekbeampte is boonop met verlof.

Intussen worstel mnr. Coetzer se weduwee, Bianca, met haar man se dood.

Mnr. Gerhard Coetzer.

 

Sy weet wie het hom geskiet, maar is magteloos, omdat daar geen vordering in die ondersoek is nie.

Die saak het nou ’n nuwe wending geneem, toe ‘n jong vrou na vore gekom het met inligting oor die beweerde skieter.

Lees: ‘Wapens, marteling, moord’ plaasaanvalle se motief

Me. Chantelle Herbst sê sy stem saam met mnr. Coetzer se vrou, Bianca, dat mnr. Coetzer doodgeskiet is toe ‘n lid van die groep wat by ‘n huis gekuier het in Walter Sisulustraat, met ‘n handwapen gespeel het.

Dieselfde man het drie jaar gelede voor haar met dieselfde wapen gespeel!

Bianca (22) sê dat ‘n man, wat deel was van kuiergaste, met ‘n wapen gespeel het.

Lees: Geheim rondom gille steeds onopgelos

Alhoewel sy met haar rug na die groep gesit het, het sy nadat die eerste skoot geklap het, omgedraai en gesien dat hy met die wapen in sy hand staan.

Net daarna het nog ‘n skoot geklap, waarop mnr. Coetzer twee treë geloop en inmekaar gesak het.

Hy het op die toneel gesterf.

Lees: Belfast moord – die aaklige nadraai

Me. Coetzer het gesê dat haar driejarige alles sien gebeur het en steeds in die nagte nagmerries kry.

Me. Herbst vertel dat sy drie jaar gelede saam met haar vriend by dieselfde huis in Walter Sisulustraat gekuier het.

Sy onthou dat die alkohol gevloei het.

Sy was op daardie stadium swanger en dit is waarom sy presies weet wanneer dit gebeur het, want haar kind is al drie jaar oud.

Lees: Vrae na moord in Polokwane

“Hy het ‘n wapen in ‘n holster om sy lyf gedra. Op een stadium het hy dit uitgehaal, sy vinger in die opening gesit waar ‘n mens die sneller trek en dit in die rondte gedraai.”

Volgens haar was dit nie die enigste keer wat hy onverantwoordelik was met die wapen nie.

Sy het die nag opgestaan en was geskok toe sy sien dat die wapen sommer in die sitkamer op ‘n bank gelê het.

Lees: Nuwe inligting oor Igna Nortjé moord

Die persoon se lewensmaat het ook ‘n kleiner handwapen wat in die palm van ‘n mens se hand pas.

•Daar is verneem dat daar nie ’n lisensie is vir die wapen nie. Die wapen het vinnig verdwyn na die skietvoorval. Niemand weet wat daarvan geword het nie.
•Tot op hede is niemand in verband met die voorval gearresteer nie.
•Die polisie het bevestig dat ‘n koeëlpunt gevind is wat deur die buitekamervenster geskiet is.

 

Lees ook:

Golf bars deur kollege heining

Doctor killed, nurses stabbed at hospital

Vroue in hospitaal na maermaak prosedure

 

Kry ons nuusbrief

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Soek jy nuus op ‘n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons Youtube Kanaal.

Het julle vir ons ‘n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button