NewsUpdate

Opvolg: Geheim rondom gille steeds onopgelos

Die geheim van die angswekkende gille in die vroeë oggendure Woensdag is steeds onopgelos.

Radiogroelede van sektor 3, wat Gholfsig, Clubville, Aerorand, Groenkol, Sentraal en Suid insluit, is omstreeks 01:00 gewek dur ’n vrou wat oor die radio geroep het: “Ek word aangeval! Help! Help!”

Pogings die afgelope twee dae om te probeer uitvind wie die vrou was, was onsuksesvol.

Inwoners het op Facebook soos volg gereageer oor die voorval.

Piet Steyn: That’s why it is so important to have a radio that transmits your membership number when you push the transmit button.

Ronalda Viljoen Fuhri: Ja sjoe, dit was bloedstollende gille, groot geskrik

Emmie Strydom: hoop jul spoor haar op.

Michael En Tammy Stander: Kan die radiogroep nie al die lede kontak nie en die wat nie antwoord nie, ’n huisbesoek gaan gee. By een van daardie huise sal daar mos ’n teken wees dat iets nie reg is nie. Vra maar net of dit nie ’n opsie is nie.

Lees vorige storie hier:

Wie is vrou wat gegil het

Piet Steyn: Met meer as 1 000 lede is dit moeilik.

Michael En Tammy Stander: Wat sou jy wou hê moet hulle doen as jy aangeval word en dis ten minste net sektor 3 se area, al is dit ’n groot area. Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Ek sien dit net so, jy sluit aan en betaal vir hulp. As jy hulp soek dan gebeur daar niks nie.

Karen Loesch: Very unfair comment to make Michael En Tammy Stander. When must they do your supposed roll call? During the day? Most people are at work then and won’t reply! Would you both be part of the group that go knocking from door to door?

Clarise Stephanie Roberts: Hoop sy is veilig.

Lititia Hunt Kruger: Kan iemand sê watter tyd. My honde was baie abnormaal onrustig 03:00.

Ronel Badenhorst: Dit maak mens bekommerd.

Jeandri Erasmus: Dis scary.

Zelda Botha: Dit was so 01:00. Het vir ’n uur en ’n half daarna nog wakker gelê en gebid. Hoop sy is veilig!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button