News

Dit is bloedmaan vanaand

Kry die koffie reg vir die lang wag want vanaand is alle oë op die maan gerig.

Daar gaan ‘n totale maansverduistering wees, wat ook ‘n ‘bloedmaan’ genoem word.
Die verduistering sal duur vanaf 21:30 tot 23:13.

Volgens die Astronomiese Vereniging van Suid-Afrika (Assa) se webtuiste het jy dié betrokke aand nie spesiale toerusting nodig nie, aangesien jy dit met die blote oog sal kan waarneem.

Lees ook: Red planet and ‘blood moon’ pair up to dazzle skygazers tonight – SA well placed to view

Hulle meld dat mense ook moet uitkyk vir Mars, die helder oranje “ster” naby die maan tydens die verduistering.
Met die verduistering sal daar egter vier ander planete sigbaar wees met die blote oog, Venus, Jupiter, Saturnus en Mars. As jy mooi kyk, sal jy sien dat hulle ‘n lyn vorm in die lug, vanaf Venus in die weste tot Mars en die maan in die ooste.

Tydens ‘n totale maansverduistering beweeg die aarde tussen die son en die maan in en blokkeer die sonlig na die maan.
Die maan se kleur verander na oranje en selfs rooi en word nie totaal donker nie.

 

Lees ook:

Pieter Koen en Willem Botha kom kuier

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button