News

R1 biljoen inspuiting vir myne

’n Lewensboei is dié week vir Optimum en Koornfontein myne uitgegooi deur ’n buiteparty wat R1 biljoen aan besigheidsredders beskikbaar stel sodat die myne weer op volskaalse produksie kan kom.

Die goeie nuus is Woensdag deur sakeredder mnr. Louis Klopper aan die Middelburg Observer bekend gemaak.
Hy wou nie sê wie die belegger is nie, maar net dat die belegger daarin belangstel om die myne oor te koop.

Die nuus kom nadat ’n Optimum myner ook getuienis in ’n plaaslike kerk gelewer het oor “wonderwerke” wat by Optimum aan die gebeur is na gebede deur personeel .

Lees ook: Hundreds protest in front of Optimum for salaries 

Daar is getuig dat ’n klein groepie in die oggende begin bid het maar die gebedsmag het algaande groter geword en werknemers is verstom oor die veranderinge wat reeds plaasgevind het.

Klopper sê dat hulle drie weke gelede besef het dat Optimum nie weer op dreef sal kom as daar nie ’n belegging gemaak word om Optimum en Koornfontein se krediteure eenmalig te betaal nie.

Lees ook: Zupta graft cascading into state of emergency

Daar word nog meer as R150 miljoen aan kontrakteurs van die myne geskuld. Masjienerie wat nie deur kontrakteurs van die myne af verwyder is nie, staan weens skade en onbeskikbare parte.

Klopper sê dat die R1 biljoen belegging die myne in staat sal stel om skulde te delg en ondergrondse produksie weer aan die gang te kry. Optimum staan tans op sowat 10% produksie.

Lees ook: GUPTA – ZUMA: Hendrina without water after Optimum fails to pay workers, contractors

Met Glencore se aansoek om die Optimum uitvoerterminaal te sluit, en voortslepende hofgedinge deur die Guptas om Klopper as sakeredder oor agt Gupta maatskappye te verwyder en hom toegang tot die maatskappye se state te verbied, moes hy afwyk van die besigheidsplanne vir Optimum en Koornfontein.

“Ons het besef die planne is nie haalbaar nie en moes aanpas, maar met die belegging van die buiteparty wat teen die einde van die week in ons rekening behoort te wees, gaan Optimum en Koornfontein weer opstaan,” waarborg Klopper.

Tot dusver kon Optimum en Koornfontein basies elektrisiteit en mynlone betaal.
Die belegger word in terme van ’n na-inwerktreding finansieringsplan aan die myne beskikbaar gestel.

Lees ook: ‘Gupta’ is a swear word in Middelburg 

Dit beteken egter nie dat die belegger eerste opsie op die myne sal hê nie. Weens die Gupta mediastorm is daar besluit dat die verkoop van Optimum en Koornfontein aan ’n string voorwaardes gekoppel sal wees.

Die verkoop van die myne sal “klinies en in die openbare oog,” van die hand gesit word weens “Suid-Afrikaners se emosies rondom die bates,” sê Klopper.
“Geen koper gaan voorkeurbehandeling kry nie,” stel hy gerus.
“Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrikaanse bates weer landuit gaan soos met die Guptas nie, daarom sit ons waar ons sit,” sê Klopper.

 

 

Lees ook:

Dit is bloedmaan vanaand

Spiesgooi kampioen vermoor – medaljes opgespoor

Pieter Koen en Willem Botha kom kuier

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button