Middelburg se eie huis van gruwels
Dit is nie net Springs wat ’n huis van gruwels het nie. Op Middelburg het ’n ma van drie kinders skuldig gepleit op klagtes van verkragting, kinderverwaarlosing en die versuim om seksuele misdrywe aan te meld.
‘n Maatskaplike werker se verslag, wat aan die hof voorgehou is, het afskuwelike verwaarlosing en mishandeling aan die lig gebring:
•Haar negemaande oue baba seuntjie is met bosluise en ander insekte in sy doek gekry.
•Die agtjarige dogtertjie is na bewering so gereeld deur haar pa verkrag dat sy by polisiebeamptes gepleit het om haar nooit weer terug te stuur huistoe nie. Die pa het na die verwaarlosing aan die lig gekom het, by www.mobserver.co.za se kantore opgedaag en aggressief ontken dat sy kinders verwaarloos is. Kort daarna het hy saam met sy vrou verdwyn.
Lees ook: Huis van gruwels – Ouers wat eet terwyl honger kind kyk bly in aanhouding
•Die dogtertjie is nooit skool toe gestuur nie en was op die vlak van ‘n driejarige toe die welsyn haar verwyder het.
•Sy is met bebloede boude, sonder onderklere, deur die welsyn gevind.
•Haar ses dae oue boetie is bewusteloos met ‘n leë maag, siek van die geelsug, op die mat tussen honde-ontlasting gekry.
Lees ook: Ouers staar nou kriminele klag in die gesig
•Die pasgebore baba is vir meer as ‘n week lank in Life Midmed Hospitaal behandel. Dierehare moes eers uit die kind se mond en neusholtes verwyder word, voordat paramedici behandeling kon toepas.
Die vrou sal later gevonnis word en staar lewenslange gevangenisstraf in die gesig.Haar man het Donderdag vlugtig in die hof verskyn waartydens sy verhoordatum vasgestel sou word. Hulle name word weerhou om hulle kinders te beskerm.
Die paartjie is beide in aanhouding, nadat hulle uit Middelburg na familie in eMalahleni gevlug het. Die hof het hulle as ‘n vlugrisiko bestempel en borg is geweier.
Lees ook: Kindermishandeling – Al drie kinders veilig
Al drie kinders is in pleegsorg geplaas en toon goeie vordering.
Die kinders se ouma, wat saam met die gesin in die huis gebly het, is nie aangekla nie, ten spyte daarvan dat sy gedreig het om die gesin se honde op die welsynswerker te sit toe die kinders gaan haal is.
Die pa pleit steeds onskuldig op vier klagtes van verkragting, ‘n klag van kindermishandeling en aanklag van seksuele rypmaking.
•’n Inwoner van Mhluzi, Thembinkosi Mnguni, is die week lewenslank tronk toe gestuur, nadat hy ‘n dertienjarige verstandelik gestremde meisie verkrag het.
Lees ook:
Spiesgooi kampioen vermoor – medaljes opgespoor
Pieter Koen en Willem Botha kom kuier
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
