News

Pa ondersoek na brand huis verwoes

'n Brandstigtingsaak word teen ’n man ondersoek wie se huis in ’n brand verwoes is.

Mnr. Johnny Hillier word volgens kaptein Khanyisile Zwane (mediawoordvoerder) in verband met die brand ondersoek.

Die aanloop tot die brand het by die Middelburgdam begin toe Heinrich (14) saam met sy stiefpa, Johnny Hillier, gaan hengel het.

Heinrich het later vertel dat mnr. Hillier hom wou leer om kar te bestuur. Die seun het net weggetrek toe hy beheer oor die voertuig verloor, dit ‘n boom tref en die voertuig omgeslaan het. Heinrich het sy arm gebreek en hy en mnr. Hillier is per ambulans na die Middelburg Hospitaal afgevoer.                                                Mnr. Hillier het geen beserings opgedoen nie. Terwyl die gesin by die hospitaal was, het me. Hillier ‘n oproep gekry dat hul huis op die Keerom plotte, in ‘n brand verwoes is.

Die gesin het alles verloor en het letterlik net die klere aan hul lywe oor.
Me. Hillier en haar kinders benodig nog klerasie, kos en ander basiese huisware.

Die agtjarige Lionell dra 9-10 jaar klere en ‘n nommer drie skoen. Heinrich dra ‘n nommer 11-skoen, medium langbroeke en 32-34 hemde.
Me. Hillier se kleregrootte is 42-44 en haar skoengrootte is nommer agt.

•Mnr. Hillier was by die huis tydens die brand, maar het nie beserings opgedoen nie.

 

Lees ook:

Dit is bloedmaan vanaand

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button