Wat was eerste? Die sigarette of die eiers?
Die bestuurder van 'n Hyundai 1.5 ton trok wat onwettige sigarette en eiers vervoer het, het gevlug nadat die voertuig op die N11 omgeslaan het.
Die ongeluk het op die draai net voor die Elandsdoorn afdraai plaasgevind.
Hy het net na ’n draai beheer oor die voertuig verloor, waarop dit omgeslaan, oor die pad geskuur en in die middel van pad tot stilstand gekom het.
Die bestuurder het reeds gevlug, toe ‘n boer gestop het om hulp te verleen.
Lees ook: Vrou het visioen van ongeluk – sterf later
Die boer het die polisie en ambulansdienste gebel.
Hy het na die drywer gesoek, maar kon hom nêrens opspoor nie.
Die boere het saamgestaan en die voertuig met ‘n tou regop getrek.
Lees ook: VIDEO – N11 Hendrina road still a nightmare, but not for long says SANRAL
By nadere ondersoek is gevind dat die trok se bakwerk vol onwettige sigarette is, met eiers wat rondom gepak is, om die ware inhoud van die vrag te versteek.
Die helfte van dié inhoud was oor die pad gestrooi.
Verbygangers het van dié geleentheid gebruik gemaak om self van die kartondose met onwettige sigarette te buit. Hul het soveel soos wat hul arms en voertuie toegelaat het weggedra.
Volgens a/o Stanley Magaela, polisiewoordvoerder, is daar geen saak van roekelose nalatige bestuur by die stasie geopen nie en is daar ook geen ongeluksverslagvorm ingevul nie. Hy het egter bevestig dat daar wel onwettige sigarette ingeboek is by die polisiestasie.
Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
Vrou wat verdwyn steeds agter tralies
2800 wit kruise vir boere – en die getalle groei
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
