Koos Bergman in Kimberley bedrywig
Die berugte kansvatter, wat homself telefonies as Koos Bergman voorstel, is nou al so ver as Kimberley in die Noord Kaap besig met sy streke.
Bergman het verskeie besighede in Middelburg ingedoen.
Die ‘vriendelike oom’ het besighede uit van vleis tot motorfietse en grassnyers geswendel. Hy bel gewoonlik ‘n besigheid, het goeie kennis van die nabye omgewing, asook hoe sy teikenbesigheid lyk, en bestel dan produkte.
Lees ook: Gawe oom lekker skelm
Transaksies word gewoonlik aan die einde van die dag of net voor ‘n naweek gedoen, sodat dit nie verdag is wanneer elektroniese betalings van die bank nie dadelik deurgaan nie. Die produkte word of langs die pad, of deur ‘n koerier by die besigheid self opgelaai.
Teen die tyd wat die slagoffers agterkom dat hul met ‘n vervalsde bewys van betaling sit, is Bergman en sy buit lankal skoonveld.
Lees ook: Opvolg: Bergman-sindikaat slaan weer toe
‘n Vrou van Bargain Batteries in Kimberley het gebel nadat sy stories oor Koos Bergman op die internet raak gelees het. Sy het dit gelukkig gesien voordat Bergman met sy bestelling batterye kon wegraak en die transaksie is betyds gestop.
Bergman het ook al in Limpopo en Gauteng mense ingedoen.
Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
Vrou wat verdwyn steeds agter tralies
2800 wit kruise vir boere – en die getalle groei
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
