News

Begrafnis van geliefde rugbyman op Vrouedag gehou

Die begrafnisdiens van mnr. Dienkie du Plessis wat Vrydag in ’n botsing op die N4 oorlede is, vind Donderdag, 9 Augustus, by die Solid Ground Kerk in Endstraat plaas.

Die begrafnisdiens begin om 11:00.

Lees ook: Four young lives lost after horror crash in Middelburg

Mnr. Du Plessis en ’n kollega, mnr. Ruan Steenkamp, was onderweg na Wildfonteinmyn toe die ongeluk omstreeks 07:00 Vrydagmore plaasgevind het.
Na wat verneem word het ’n bakkie vanuit die aankomende verkeer, reg voor mnr. Du Plessis se bakkie op die hoofweg ingery.

Mnr. Du Plessis is opslag dood terwyl mnr. Steenkamp net lig beseer is.

Lees ook: A very dark week for Middelburg

Die bestuurder van die ander bakkie is volgens brigadier Leonard Hlati van Benoni. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

Mnr. Du Plessis het vir 4SAI en Witbank Ferro rugby gespeel.

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Vrou wat verdwyn steeds agter tralies

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button