Dodelike Aerorand skietery
Die Nasionale Vervolgingsgesag het nog steeds nie ’n besluit geneem oor die moontlike vervolging van die Bothasberg huiseienaar wat op 21 April vanjaar twee inbrekers in sy slaapkamer doodgeskiet, en die derde gewond het nie.
Volgens die polisie is die dossier by die hof vir beslissing en is daar nog geen opdrag vir vervolging gegee nie.
Die man het op die rowers losgebrand, terwyl een van hulle, Isaac Khoza wat ook die alias Ndlovu gebruik, hom met ’n mes langs sy vrou in die bed begin steek het, tydens die inbraak.
Terwyl Khoza die man aangeval het, het sy twee makkers Elio Tivane en Isilvo Mugabe aan die anderkant van die bed by die huiseienaar se vrou en baba gaan staan.
Lees ook: Father kills two robbers after being stabbed in his Aerorand home
Toe een van hulle dreig om die baba leed aan te doen, kon die man daarin slaag om sy pistool onder sy kussing te gryp en te skiet, ten spyte van die verwoede mesaanval op hom.
Mugabe en Tivane is beide op die toneel dood, terwyl Khoza kon vlug, ten spyte van ’n koeëlwond in die bors en hand.
Hy het na ’n buurhuis gevlug waar die buurman hom met ’n graaf bygekom het.
Hy was lank onder polisiebewaking in die hospitaal en kon weens die skietwonde nie van sy hofverskynings bywoon nie.
Khoza bly in aanhouding en volgens kaptein Khanyesile Zwane kan die sake moontlik saam gevoeg word deur die hof.
Die man het tydens ’n vroeëre onderhoud gesê dat die rowers gedreig het dat hulle die baba sou ontvoer en doodmaak.
“Dit was ons of hulle,” het hy gesê.
Mugabe, Tivane en Khoza is al drie Mosambiekers.

Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
