Buffelkoei vir R1,3 miljoen verkoop
Ingeplof of te not, daar word nogsteeds duisende rande opgedok vir wild.
Daar is gesê dat die mark vir wild in sy maai is, maar by die Loskop Game Breeders wildsveiling is ’n buffelkoei met horings van 48 duim, teen ‘n astronomiese bedrag van R1,3 miljoen verkoop.
Loskop Game Breeders en Classic Game Breeders het die veiling saam aangebied. Die veiling is aangebied deur Wildswinkel met mnr. Brandon Leer as afslaer.
Die wildtelers van Loskop Game Breeders wat hul skaarswildspesies aangebied het was mnre. Kobus Risseeuw van Wolves Den, Hendri van Staden van Rooiboskloof, Willem van der Merwe van Chikwala, Anton Verwey van Savannah Wildsplaas en Willem Kruger van Zeekoeivalley Wildsboerdery.
Lees ook: Is ‘n boer se lewe net R1000 werd?
Mnre. Hein Muller van Hein Muller in Hoedspruit, Jan Lourens van Jayel in Maasstroom, dr. Pieter Scholtz van Blydevallei Game Breeder in Hoedspruit, Frans Stapelberg van Lekkerleef Wild Stoet in Marble Hall, Marius Mynhardt van Motswiri in Vivo, Pieter Kloppers van Dendron en Derick Fich van Claudiushoop in Dendron was die telers van Classic Game Breerders wat diere op die veiling aangebied het.
Daar was 92 lotte opgeveil en die veiling het ‘n omset van R13 026 000 behaal met 151 geregistreerde kopers. Meer as 350 besoekers en kopers het vir ‘n stampvol veilingslokaal gesorg.
Buffels het oor die algemeen baie goeie pryse behaal. Van die diere wat uitgestaan het was Lot 6 wat verkoop het vir R525 000, Lot 8 vir R875 000, Lot 79 vir R525 000 en Lot 84 vir R1,3 miljoen.
Lees ook: Boere: ‘n Boer met ‘n stoet in Georgië
Ander wildspesies, onder andere rooibokke, het ook goed gedoen op die veiling. ‘n Rooibokram met horings van 27 en vier agtste duime is verkoop vir R215 000 en ooie vir R18 000 stuk.
Waterbokke het verkoop vir R20 000 stuk en ‘n besonderse waterbokbul het R120 000 gehaal. Verskeie swartwitpense het ook goeie pryse behaal met ‘n jong bul wat vir R700 000 verkoop is. ‘n Goue wildebeesbul met 31 duim horings is vir R305 000 verkoop.
Vanjaar is daar ook ‘n “Timed Auction” met 50 lotte aangebied. Kopers kon met die Wildswinkel Toep (App) op hul selfone registreer en bie.
Lees ook: Karoo Osche speenkalfveiling word op 21 Augustus gehou
Die “Timed Auction” het ‘n omset van R2 157 250 behaal en ‘n totaal van 112 kopers het per selfoon geregistreer.
Tydens die wildsveiling by Raasblaar is 75 van die 92 lotte verkoop en met die “Timed Auction” is ‘n totaal van 43 lotte uit 50 verkoop. Dit is ‘n masiewe persentasie van 84%.
Mnr. Sybrand Mostert (Wildswinkel) sê dat alhoewel die mark vir skaarswild gedaal het, daar goeie kwaliteit bokke vir goeie geld op die veiling verkoop is.
Lees ook: ‘My lief, daar is ’n mamba in ons kamer’
“Elke wildteler wil steeds sy kuddes aanvul en beter diere teel vir die toekoms, so daar sal altyd ‘n goeie mark wees vir hoë gehalte skaarswild,” sê hy.
Loskop Game Breeders en Classic Game Breeders nooi wildsboere om hul kalenders dop te hou vir die volgende Loskop Game Breeders wildsveiling.
Vir meer inligting, kontak gerus Pieter Kloppers by 084 581 8756 of Willem Kruger by 082 872 6788.
Lees ook:
Pa onderskoek na brand huis verwoes
Blondekop wou glo man laat vermoor
30 jaar in oorsese tronk vir dwelms
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
