News

Gesin deur taakmag oorval – Siviele eis faal

’n Man en sy gesin, wat drie jaar gelede onskuldig deur die polisie se taakmag in hul huis oorval is, se siviele eis is gedeeltelik van die hand gewys op ’n tegniese punt.

Neil de Lange het in September 2017 aan www.mobserver.co.za vertel hoe gewapende mans geklee in kamoefleerdrag en balaclavas, hulle 05:35 een oggend in hul huis in Kanonkop oorval het. Hy het aanvanklik gedink hulle is die slagoffers van ’n gewapende roof.

Die polisie het destyds gesoek na die vermisde Neline van Zyl (toe 13) nadat sy uit Middelburg verdwyn het. Verkeerde inligting het hulle na die De Langes se huis gelei.

Lees ook: Update: The search for Neline

Mnr. De Lange was in die badkamer besig om te skeer, sy kinders (toe 11 en 13) het nog geslaap en sy vrou het buite wasgoed opgehang. Vier gewapende mans het die huis binne gestorm en begin deursoek. Mnr. De Lange is in die gang beveel om te lê.

Mnr. De Lange het vertel hoe hy ’n vuurwapen se loop in sy rug kon voel terwyl hy hulpeloos moes toekyk hoe gewapende mans sy kinders se kamers instorm. Sy jongste seun se duvet is van hom afgeruk, terwyl hy slaap en hy is deur ’n gemaskerde man met ’n vuurwapen begroet toe hy sy oë oopmaak.

Lees ook: Opvolg: Neline praat oor verdwyning

Nadat die taakmag, sowel as ’n span speurders die De Langes se huis deursoek het, het hulle met bitter min verduideliking weer net so vinnig verdwyn soos wat hulle gekom het.
“Hulle het gesê hulle soek na ’n meisie wat weg is. Toe ek vra oor al die skade in die huis het hulle gesê ek moet ’n siviele eis insit,” het mnr. De Lange gesê.

Die siviele eis is hierdie week gedeeltelik afgekeur omdat dit aan die lig gekom het dat OUTsurance reeds ’n eis teen die polisie gewen het vir die skade. Die De Lange egpaar se eis is afgekeur maar hul kinders se saak gaan voort.

Lees ook: Nuusflits: Neline gekry!

Mnr. De Lange sê egter dat hulle nie agter skadevergoeding vir die skade aan die huis is nie, maar eerder vir die trauma waar deur die gesin is.
“Hulle het my in my huis kom oorval. Ons almal was getraumatiseerd. My jongste kind is steeds onrustig en weier om alleen by die huis te bly.”

Daar was ook skade, soos mnr. De Lange se bril wat gebreek het, en die kinders se besoek aan ’n sielkundige wat derduisende rande beloop, waarvoor hulle nooit vergoed is nie. Mnr. De Lange sê dat hy nie geld het vir ’n advokaat nie maar ’n plan gaan maak omdat hy voel dat die polisie nie kan weg kom met wat hulle gedoen het nie.

“Die feit dat OUTsurance gewen het, wys dat ons ’n saak het. Ons het gedink ons het al ons ducks in a row vir die hofsaak. Maar dis lyk my hoe die regstelsel werk, iemand slims kom en steek ’n spanner in die wiel en gooi die hele appelkar om.”

Sy kinders se saak gaan in November voort. Die polisie gaan eers hul eie sielkundige aanstel om met die kinders te praat.

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Hondjie in draadhok aangehou

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button