News

Plaasaanval: Hoër hand beskerm man

Hulle het gekom om te moor!

So word die aanval beskryf wat die naweek naby Loskopdam plaasgevind het.

Die aanvallers moes deeglik beplan het, voordat hulle op die uiters beskutte lodge toegeslaan het.
Die terrein is van so aard dat dit nie maklik bereik kan word nie.

Die egpaar wat aangeval is, is erg getraumatiseerd en wou nie die lodge se ligging of hulle name bekend maak nie. Kennisse het egter gesê “‘n Hoër Hand het hulle van ‘n gewisse dood gered.”

Lees ook: Pa ‘skiet’ gesin uit gevaar tydens plaasaanval

Die voorval, wat as ’n mislukte plaasaanval beskou word, het net na middernag, plaasgevind.

Die eienaar het uit die huis gegaan om ondersoek in te stel nadat sy honde geblaf het. Hy was nog besig om met die trappe af te stap, toe ‘n skut vanuit die donker op hom losgebrand het.

Dit is duidelik dat die aanvallers senuagtig was, omdat hulle te vroeg begin skiet het, het ‘n bron aan www.mobserver.co.za vertel. Dit het die man se lewe waarskynlik gered en hy kon terug in die huis in vlug.

Minstens agt skote is op hom gevuur, almal het gemis.

Lees ook: Plaas aanval naby Marble Hall 

Die man se vrou kon vanuit die huis alarm maak en inwoners van buurplase het hul na die toneel gehaas. Met hulle aankoms was die aanvallers skoonveld. Weens die bergagtige omgewing was dit ook nie moontlik om spore te kry nie.

Daar is later op ‘n vuurwapen afgekom wat vermoedelik inderhaas deur die aanvallers agtergelaat is. Die vuurwapen het die aanvallers se wegkruipplek, onder ‘n houtdek, weggegee.
“As hulle net ‘n bietjie langer gewag het, kon hulle hom morsdood geskiet het. Maar hulle was te haastig. Dit was ‘n Hoër Hand wat sy lewe gered het,” het een van die persone wat op die toneel was gesê.

Hulle is vol lof vir die polisie, wat blitsvinnig op die toneel was. Die forensiese eenheid het die toneel gefynkam vir leidrade.

Lees ook: Plaasaanval: Boer dood voor helikopter hom kan oppik

Die motief vir die aanval is onduidelik. Dit was beslis nie roof nie. Gaste wat die naweek op die plaas was, het skaars 50 meter van die hoofhuis af, nog gekuier toe die skietery plaasgevind het.

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Hondjie in draadhok aangehou

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button