En inwoners vrees hy gaan hulle kinders opvreet!
’n Video is die naweek op sosiale netwerke rondgestuur, waar ’n man in die Mhluzi woongebied, buite Middelburg, met ’n leeuwelpie sit en speel.
’n Verdagte is intussen gearresteer, kort nadat twee leeutjies by Pienaardam Ontspanningsoord gesteel en videomateriaal van ’n man wat in Mhluzi met ’n leeuwelpie sit en spog, op Facebook rondgestuur is.
Die vermoede bestaan dat die verdagtes betrokke kan wees by ’n sindikaat van leeudiefstalle in Suid-Afrika.
•’n Man het Saterdag op sy Facebook videomateriaal geplaas van ’n inwoner met ’n welpie by hom.
Op die videomateriaal kan gesien word hoe iemand ’n man met ’n leeuwelpie afneem en sê dat hy dié man en die welpie in die Phumula uitbreiding gekry het.
Hy het gesê die leeu moet gevat word, want die dier gaan kinders wat in die omgewing speel, vang.
Lees ook:
VIDEO: ‘n Middie vyf by Koedoekoppe!
VIDEO: Dennesig – van Kleinbegin na spogskool soos min
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
