By plaasaanval huis ingebreek
Twee maande nadat twee vroue in 'n plaashuis op Roossenekal aangehou en gemartel is, is daar helder oordag by dieselfde huis ingebreek.
Gina Otto en haar vriendin, Moeka Gravina, is op 24 Augustus oorval en aangehou. Hulle is ure later vir dood langs die pad tussen Lydenburg en Roossenekal afgelaai.
Mev. Otto is later die nag gevind terwyl mev. Gravina eers die volgende dag opgespoor is.
Een van hul aanvallers is in ‘n skietgeveg met die polisie in Lydenburg dood, terwyl die ander een steeds op vrye voet is.
Mev. Otto het sedert die aanval, nie weer teruggekeer na haar huis nie en bly tans by familie. Haar eiendom word uitverhuur.
Die persoon wat die eiendom huur, se naam word om veiligheidsredes weerhou.
Lees ook: VIDEO: Beide plaasaanval slagoffers nou in hospitaal
Hy sê dat daar ‘n oppasser in ‘n woonstel op die huurplaas woon. Die man het sy huis 09:00 verlaat en met sy terugkeer om en by 12:00, het hy gesien dat daar by hom ingebreek is. Sy haelgeweer en televisiestel is onder andere weg.

Daar is toe agter gekom dat daar ook by mev. Otto se huis ingebreek is.
Die huurder sê dat daar op presies dieselfde plek en manier toegang tot die huis verkry is, as tydens die plaasaanval.
“Dit het gelyk of hulle na iets spesifieks soek,” het die huurder vertel.
Lees ook: Farm attack: ‘How sick are these men?’
‘n Man wat met ‘n tas langs die pad geloop het, is later voorgekeer. Hy het die bosse in gevlug. In die tas is daar van mev. Otto se eiendom, ‘n televisiestel en lewendige ammunisie gekry.
Die huurder sê dat die man wat weggehardloop het reeds geïdentifiseer is. Die polisie was by sy huis, maar dit was dolleeg.
Hy beweer dat die verdagte wat met die inbraak verbind word, familie is van die aanvaller wat steeds deur die polisie gesoek word.
• Daar is ‘n R2 500 beloning vir inligting wat sal lei tot die arrestasie van Seun Mthimunye. Inligting kan aan oudspeuder Sakkie Louwrens van HPG gegee word. Sy kontaknommer is 071 798 7954.
Other News:
R10 000 reward for information
‘We should kill him’ – Truck driver hears how hijackers argue about his fate
#TrafficUpdate: Avoid N4 near Machadodorp
VIDEO: Machadodorp two granted bail
Want breaking news on the go?
• Save our standby number (072 248 3855) and send us a WhatsApp message with the words “Add me” to be added to our broadcast list.
• Like us on Facebook, follow us on Twitter and Instagram.
• Subscribe to our YouTube channel.
• Click on the link to subscribe to our bi-weekly newsletter via email.
Have a news tip?
Contact our news room on our 24 hr standby number 072 248 3855, or send a mail to our editor tobie@mobserver.co.za
