News

KYK: Beeste wei tussen grafte

Nuwe begraafplaas nie die heilige laaste rusplek wat inwoners verwag

Pasop vir boerbokke wat oor die pad hardloop en jaag eers die beeste weg wat tussen die grafte wei, voordat jy jou geliefde begrawe.

Middelburg se Verdoornstraat-begraafplaas is vol en die Steve Tshwete-munisipaliteit het ’n nuwe een gevestig.

“Waar?”
“Hoe lyk dit daar?”
“Is dit veilig?”

Die nuwe Rondebosch-begraafplaas se afdraai is net na Nasaret in die rigting van Hendrina. FOTO: Tobie van den Bergh

Dit was sommige van die vrae wat inwoners die laaste paar weke aan Middelburg Observer gerig het.
Ons het gaan ondersoek instel en was geskok.

Familielede wat hulle geliefdes in die toekoms “ter ruste” wil lê, moenie ’n heilige, rustige laaste rusplek met groen gras verwag nie.

Om by die nuwe Rondebosch-begraafplaas uit te kom, is sowat 20 kilometer met die N4 langs vanaf die Witkerk en 14 km met die N11.

Die Rondebosch-begraafplaas is langs Rockdale. FOTO: Tobie van den Bergh

Die pad na die begraafplaas gaan deur Rockdale met informele besighede soos haarkappers en ’n karwas langs die roete.

Kyk ook uit vir verskeie troppe boerbokke.

Dit gaan vir ’n stoet ten minste ’n halfuur of langer neem om tot by die begraafplaas te ry.

Talle nuwe grafte is reeds in die nuwe begraafplaas gegrawe. FOTO: Tobie van den Bergh

Met Middelburg Observer se besoek Vrydag, het daar ’n trop beeste tussen die grafte gewei.

  • Volgens Andre van Wyk van Roseleigh Begrafnisdienste is die Rondebosch-begraafplaas die enigste opsie vir inwoners. “Ons het al verskeie mense daar begrawe. Daar is nie ’n ander uitweg nie,” sê hy.
  • Navrae is ook aan die Steve Tshwete-munisipaliteit gestuur wat nog nie beantwoord is nie. Die berig sal opgedateer word sodra die kommunikasiedepartement reageer.

Click on the link for the video:

@middelburgobserver

Inwoners van Middelburg wat geliefdes in die nuwe Rondebosch Begraafplaas ter ruste wil lê, sal eers ’n trop beeste moet verjaag, voordat hulle begrafnis hou. #Middelburg #Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button