Organiseerder praat oor ‘Snare Musiekfees’
Ben van der Merwe, hooforganiseerder van die Snare Musiekfees Saterdag by Event City, sê die gemeenskap kan nie bekostig om hierdie fees mis te loop nie.
Buiten die bekende “Tussen Treine” sanger, Richard van der Westhuizen en akteur David Konrad (van Binnelanders) is daar ’n fees van plaaslike kunstenaars.
Daar is die bekende Stiaan Reynierse, Christopher Snow van Symphony, asook Theunis Linde, JB, Jenee Koster, Louwtjie Naudé, Eduan Naudé, Christiaan Lombard, Nolene Aucamp, Isjané Verster, The Tone en Graham Elisha!
Ben sê by hierdie fees gaan daar aan almal se musieksmaak voldoen word met van pop en rock tot gospel.
Lees ook: ‘Tussen Treine’ sanger by Snare Musiekfees
Daar is ’n speelhoekie vir die kleingoed en ligte aandetes en ’n kontantkroeg sal vir volwassenes beskikbaar wees.
Daar ’n spesiale speelgedeelte vir kinders en Wacky burgers sal te koop wees.
Toegang is R100, plus ’n blikkie kos vir liefdadigheid. Daar is ook tafels beskikbaar teen R2000 vir 10 persone.
•Die Bokke teen Frankryk wedstryd sal vanaf 22:00 op die groot skerms uitgesaai word.
•Die musiekfees word aangebied ten bate van Solidariteit Helpende Hand.
•Vir meer inligting en kaartjies, bel Mariëtte Stapelberg by 060 952 2786.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
