‘Tussen Treine’ sanger by Snare Musiekfees
Bekende sanger Richard van der Westhuizen nooi die gemeenskap na die “Snare Musiekfees” Saterdag by Event City!
Hekke open om 16:00 en die konsert begin om 17:30.
Verskeie plaaslike kunstenaars sal ook optree en akteur David Konrad (van Binnelanders) is die seremoniemeester vir die geleentheid!
Vir die kinders is daar ’n spesiale “Kiddies Corner” en “Wacky burgers” sal vir hulle te koop wees.
Ligte aandetes en ’n kontantkroeg sal beskikbaar wees vir die ouer garde.
Toegang is R100, plus ’n blikkie kos vir liefdadigheid. Daar is ook tafels beskikbaar teen R2000 vir 10 persone.
•Die Bokke teen Frankryk wedstryd sal vanaf 22:00 op die groot skerms uitgesaai word.
•Die musiekfees word aangebied ten bate van Solidariteit Helpende Hand.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
