News

Skape en verkeersopeenhoping toe kerkleier kom

Inwoners van Hendrina was vanoggend (Woensdag) verstom toe skape vasgemaak aan pale voor Shoprite in die hoofstraat staan.

“Die skape en ’n ou boerbokkie was aan die pale vasgemaak. Hulle het nie gelukkig gelyk nie. Ek háát dieremishandeling! Boonop het die verkeer in ons hoofstraat, wat die N11 is, op ’n stadium erg opgehoop!” het ’n inwoner (wat anoniem wil bly) gesê.

Talle mense het die Hendrina Polisie, asook die Middelburg Dierebeskermingsvereniging gekontak.

Adj. David Mbenekazi (mediaskakelbeampte, Hendrina Polisie) was self op die toneel en het gesê dat alles vreedsaam verloop het.

Hy het verduidelik dat dit ’n kerkgroep was wat die skape twee-twee aan pale vasgemaak het, maar dat die diere “goed behandel is”. Die skape is ook opgemaak met kleurvolle blomme kransies om hul nekke.

Die verkeer was vir ‘n rukkie ontwrig in die hoofstraat van Hendrina terwyl die diere op- en later weer afgelaai is.

Kort daarna het hul kerkleier opgedaag, na die diere gekyk en dit gelaai.

Adj. Mbenekazi sê daar was beslis geen dieremishandeling betrokke nie en dat die verkeer net ’n klein rukkie ontwrig is, terwyl die skape op- en later weer afgelaai is.
Die kerkgroep het van daar af na KwaNdebele vertrek.

•Senior inspekteur Petro Oberholzer (Middelburg DBV) was deurentyd in kontak met die polisie om seker te maak dat die diere ordentlik hanteer word.

Daar het ook personeel vanaf Middelburg na Hendrina vertrek om te gaan kyk wat aangaan, maar voordat hulle nog op Hendrina was, het die groep reeds gery.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button