Hartsnare Musiekfees is Saterdag by Event City
Sanger Richard van der Westhuizen en David Konrad is gereed vir die Hartsnare Musiekfees wat Saterdagaand by Event City plaasvind.
Hekke open al om 16:00 en die vertoning begin om 17:30.
Plaaslike kunstenaars wat ook te sien sal wees, is: Christopher Snow van Symphony, Louwtjie Naudé, Eduan Naudé, Theunis Linde, Jenée Koster, Christiaan Lombard, Nolene Aucamp, Isjané Verster, The Tone, Jan Benadie en Graham Elisha.
Hierdie is ’n eerste van sy soort musiekfees vir ons dorp en organiseerder Ben van der Merwe sê Middelburgers kan nie bekostig om dit mis te loop nie.
Toegang is R100, plus ’n blikkie kos vir liefdadigheid.
Daar is ook tafels beskikbaar teen R2 000 vir 10 persone (wat ’n ete insluit).
•Die Bokke teen Frankryk wedstryd sal vanaf 22:00 op die groot skerms uitgesaai word.
Vir meer inligting en besprekings, bel Mariëtte by 060 952 2786.
•Die musiekfees word aangebied ten bate van Solidariteit Helpende Hand.










