‘Wat maak hulle in Sex-straat?’
“Hi, waar is Sexstraat? Ons wil gaan kyk wat daar aangaan?” het inwoners laggend gesê nadat hulle ’n foto in die Middelburg Observer gesien het.
Oplettende inwoners het die afgelope twee weke foto’s ingestuur van straatname wat verkeerd gespel is.
Daar is geskaterlag oor al die verkeerde spelling.
Daar is Usy Krige (wat Uys Krige moet wees) en Leipolt (eintlik Leipoldt), Gustav Preler (Gustav Preller), Ver Maas (Vermaas) en nou ook Sex (eintlik Essex).
•Terwyl talle mense daaroor lag, het rdl. Jos Pretorius gesê dat dit eintlik ’n skande is dat die persone wat die werk doen, nie aangespreek word oor dié foute nie, aangesien die spelling van die straatname duidelik op die dorpsbeplanningskema beskikbaar is.



Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
