Daar’s ‘n ‘gogga’ in die drinkwater!
Daar is klein goggatjies in die drinkwater van ’n inwoner van Visrivierstraat.
Die inwoner, wat anoniem wil bly, sê die probleem het al Dinsdag begin.
Sy het met die kraanwater haar vistenk gewas en agtergekom dat daar klein goggatjies haar visse aanval.
By nadere ondersoek het sy gesien dat die goggas, wat omtrent so groot is soos bosluise, aan haar visse vassuig soos bloedsuiers.
Sy het die kraan nog ’n rukkie laat loop en daarna water in ’n drinkglas gegooi. Dieselfde goggatjies het heen en weer in die water geswem.
“Die goggatjies het klein pootjies soos spinnekoppe of selfs kopluise. Vanoggend was dit steeds in die water,” het die vrou Vrydagoggend gesê.
“As jy nie daarvoor kyk nie, sal jy dit nie sien nie, maar mense moet mooi kyk voor hulle water uit die kraan uit drink.”
•Haar vriendin wat in Irisstraat (Kanonkop) bly het Dinsdag laat weet dat sy soortgelyke goggatjies gekry het nadat sy water in ’n glas gegooi het.
•’n Foto van die gogga is Dinsdag reeds vir die munisipale mediakantoor gestuur, maar tot op hede is nie antwoord gekry nie.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
