Dis nag vir 800 myners
Minstens 800 myners staar werkloosheid in die gesig nadat die Gupta maatskappy, JIC Mining, onder voorlopige likwidasie geplaas is.
Sakeredder, Louis Klopper, sê dat hulle daarna kyk om die 800 myners direk te betaal sodat die geld nie deur die voorlopige likwidateur gevries word nie.
Myners het steeds geen salarisse ontvang nie.
JIC se likwidasie affekteer beide Sandile en Sethemba myne.
Lees ook: Hundreds protest in front of Optimum for salaries
Myners se mediesefondse is ook summier opgeskort nadat JIC bydraes by hulle geneem het, maar nooit oorbetaal het nie.
Van die geaffekteerde myners oorweeg nou om bedrogklagtes teen die maatskappy te lê.
KIC gaan volgens Klopper die likwidasiebevel beveg om te verhoed dat dit finaal bekragtig word.
Kal Tire het die likwidasie aansoek teen JIC gebring oor R900 000 se skuld.
Lees ook: Gupta – Zuma: Hendrina without water after Optimum fails to pay
Volgens Klopper gaan JIC dit moeilik vind om ‘n finale likwidasiebevel teen te staan vir so ‘n minimale bedrag.
Die myners is reeds gevra vir hul persoonlike bankbesonderhede, hoewel ‘n regspan nog die implikasies van direkte betaling ondersoek, sê Klopper.
“Ons het nie medies nie, nie kos nie, nie brandstof nie, ons is raadop,” sê ‘n desperate myner.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
