News

‘Ganshokseun’ sterf, dokter sê hulle is nie ‘n ‘Hospice’

“Ons is nie ’n Hospice nie!” Dit was die woorde van ’n dokter toe tehuispersoneel een van die ‘ganshoktweeling’ twee weke gelede laat opneem het by ’n staatshospitaal. Etlike dae later het hy gesterf.

’n Somber atmosfeer het Dinsdag gehang in die versorgingstehuis waar die “ganshoktweeling” die afgelope vyf jaar gebly het.

Die twee is op 18-jarige ouderdom vanaf Middelburg na dié tehuis geskuif (die naam word nie genoem nie, om die ander gestremde seun te beskerm).

Die tweeling was nege jaar oud toe hulle by hul ma weggeneem is nadat hulle saam met hul jonger boetie en gestremde sussie in ’n ganshok by ’n huis gevind is. Kort daarna is die tweeling na Bethesda en later na dié tehuis.

Die joernalis het ongenooid by die sentrum opgedaag om te gaan ondersoek instel of die tweeling verwaarloos is.

Lees ook: Middelburg se eie huis van gruwels

Die aggressie het egter na empatie verander toe daar gesien word met hoeveel liefde daar na al die gestremdes omgesien word.

Die gestremdes was in bykans dieselfde staat van gestremdheid soos die ganshoktweeling. In hul eie wêreld, met geen manier van kommunikasie nie, maar goed versorg.

Van die ander gestremdes wat kan kommunikeer het onbeskaamd begin huil as hulle van hul ‘vriend’ vertel wat in die staatshospitaal gesterf het.
“Hy het net soveel die reg soos enige ander normale persoon gehad om gehelp te word,” het ’n personeellid (wie se naam weerhou word) kwaad gesê.

Die twee kon nooit praat nie en moes 24 uur per dag versorg word.

Daar was ’n wesenlike verskil tussen die identiese twee. Die een (wat verlede week gesterf het) het die hele tyd ’n kenmerkende “huilgeluid” gemaak, maar tog tussenin vir hulle gelag en drukkies uitgedeel.

Lees ook: Opvolg: Verhale van mishandeling

Sy boetie was meer stil en het net soms geglimlag.

Al het hulle ’n geweldige eetlus gehad, was beide skraal, maar altyd gesond.

Middel Oktober het die tweeling vir die eerste keer sedert hulle daar aangekom het “siekerig” begin word.
“Hy het vyf dae voor sy opname in die hospitaal siek geword. Dieselfde dag toe hy opgehou eet het, het ons hom hospitaal toe geneem, sodat hy aarvoeding kon kry.”

Die personeel sê dat die hospitaal hom nie dadelik wou opneem nie en het gesê dat hulle nie ’n Hospice (’n eenheid vir terminaal siek pasiënte) is nie.

•Die seun se ma het hom by twee geleenthede in die hospitaal besoek, waar sy hom sonder aarvoeding in sy eie urine en ontlasting gevind het.

•Lees in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer ’n oudjoernalis se verhaal van die “ganshokkinders” en haar ervaring daarvan.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button