Ganshokseuns se versorger – ‘My hart huil’
Een van die vroue wat die “ganshoktweeling” versorg het, was ontsteld toe sy hoor een het in ’n staatshospitaal gesterf.
“My hart huil oor hom. Ek was baie lief vir hulle,” het Margaret Matubatse, ’n versorger by Bethesda, Huis van Hoop, Woensdagmiddag gesê.
Sy was een van die versorgers van die “ganshoktweeling” wat sowat 14 jaar gelede op negejarige ouderdom by Bethesda geplaas is.
Die kinders is in ’n ganshokkampie gevind en by die ma weg gevat.
Tydens ’n vorige onderhoud met personeel van Bethesda, het hulle gesê dat die kinders “soos bobbejaantjies handeviervoet geloop het” toe hulle daar aangekom het.
“Hulle het met hul hande geëet en het soos hondjies aan krane gedrink.”
Die seuns het geen beheer gehad oor liggaamsfunksies nie en het soms sommer in die openbaar hul broekies uitgetrek en gemors.
Met maande en jare se sorg het hulle die kinders geleer om te loop en kon hulle gevoer word.
Margaret vertel dat hulle 24 uur per dag opgepas moes word. Hulle het mekaar aangeval en het gereeld gebyt.
Op hul manier het hulle geheg geraak aan Margaret en moes sy selfs eenkeer saam in ’n hospitaalkamer slaap toe hulle oornag in die hospitaal was.
“Tot in die nagte kon ons nie vas slaap nie, want hulle het gereeld opgespring en die ander een gebyt.”
Sy onthou met ’n hartseer glimlag dat personeel altyd moes kyk wat op die grond lê, want die tweeling sou enigiets, van ’n klip tot ’n blaar optel en dit probeer eet.
Al die krisisse te spyt, het almal by Bethesda lief geword vir hulle.
Die twee seuns het aan Margaret vasgeklou en haar gereeld beloon met ’n glimlag.
“Ek het gehuil en gehuil toe hulle weg is. My hart was so seer. Ek het hulle só gemis en nou moes hy só doodgaan…”
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
