News

Likkewaan maak amok by Middelburg huis

’n Middelburg inwoner het haar boeglam geskrik toe sy by haar voordeur uitstap en sien hoe ’n tamaaie likkewaan by haar erf se hek instap. 

Soretha Oosthuizen sê dat sy die polisie gebel het omdat dit die enigste nommer was wat sy byderhand gehad het.

Die polisie het weer die hulp van die herpetologiese vereniging ingeroep. Jeanne Houy het die likkewaan kom vang.

Mnr Houy het die stryd gewen.

Die reptiel het sy stert woedend heen en weer geswaai totdat mnr. Houy hom daaraan kon gryp. Die dier het daarna nog ’n groter geveg opgesit en mnr. Houy aan die vinger beet gekry.

Met die hulp van ’n bystander, is die waterlikkewaan, wat byna ’n meter en ’n half lank is, veilig in ’n sak gesit om weer langs die Keeromspruit losgelaat te word.

Mnr Houy en ‘n omstander wat aan hom hulp verleen.

Mnr. Houy het gesê dat alhoewel likkewane nie lewensgevaar vir mense inhou nie, hulle wel instaat is om klein hondjies met hul sterte dood te slaan.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button