News

Krugersdorp sakeman gearresteer op veediefstal aanklag

'n Makelaar van Krugersdorp is saam met 'n inwoner van Mhluzi naby Hendrina vir veediefstal gearresteer.

A.o. David Mbenekazi, polisiewoordvoerder op Hendrina, sê dat die polisie verlede Vrydag op inligting gereageer het oor ‘n verdagte voertuig met Gauteng nommerplate wat beeste laai.

A.o. Mbenekazi sê dat daar al lank sprake is van ‘n bakkie met Gauteng nommerplate wat gesteelde beeste in die omgewing kom oplaai. Die polisie het die inligting opgevolg en twee mans, Lieb Liebenberg van Krugersdorp en Ruben Mvulane van Mhluzi in ‘n wit Ford dubbelkajuit bakkie met ‘n waentjie aan gearresteer.

Die bakkie en slaapwa met die gesteelde beeste op.

Daar was ‘n bul en twee speenkallers op die waentjie.

Volgens inligting het Liebenberg die twee speenkallers in Mhluzi gekoop, waarna die verkoper daarvan saam met hom na Hendrina gereis het om die bul vir R10 000 te koop. Die persoon wat die bul verkoop het, is bekend aan die polisie maar het gevlug toe hy die polisie sien.

Liebenberg en Mvulane het Maandag in die hof verskyn. Hul saak is toe tot Woensdag uitgestel vir ‘n formele borgaansoek waar beide op R2 000 borg vrygelaat is.

Die bul, wat meer as R40 000 werd is, behoort aan ‘n plaaslike boer, Stinus Breedt. Die twee speenkallers se eienaar kon nog nie opgespoor word nie. Daar word egter vermoed dat die speenkallers dalk deel is van ‘n veediefstalsaak wat net minder as ‘n maand gelede in Middelburg aangemeld is.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button