Cromhout deel van volgende Bolhuis episode
“Kan ’n kat blaf? Net so sou Mark nie geld kon vat by iemand of iemand seermaak nie. Dit was net nie in sy natuur nie.”
Jaco Fourie, die verdwene Mark Cromhout se boesemvriend, sê hy is vas oortuig sy voormalige huismaat was nie bewus was van die miljoene se bedrog waarby hy betrek word nie.
Cromhout, sy werkgewer Willie Steenkamp, dié se vrou Yolanda, en hul tienerdogter het in Julie 2016 verdwyn. Dit nadat Steenkamp se Wurban Groep, wat kantore in Middelburg en Wimbledon in Brittanje gehad het, van grootskaalse bedrog beskuldig is en die Valke ’n ondersoek geloods het.

Die storie rondom die verdwene Steenkamp gesin en Cromhout, is die onderwerp vir die volgende uitgawe van Bolhuis – Die Reeks wat Woensdagaand om 20:00 uitgesaai word.
Mnr. Fourie het destyds, nadat mnr. Cromhout verdwyn het, ’n Facebook plasing gemaak waarin hy sê dat hulle vermoed sy vriend word teen sy wil aangehou.
https://www.facebook.com/jaco.fourie.946/posts/10216604339678638
Wurban Groep was as ’n finansiële instansie geregistreer en beleggers kon in kommoditeite soos olie en die mynbedryf belê. Daar was ook ’n beplande pelgrimstoer Israel toe wat deur die maatskappy gereël is en waarvoor toeriste klaar betaal het, wat nooit plaasgevind het nie.
“Hy was te bang vir die Here om so iets te doen. Dit was net nie die tipe ou wat hy was nie,” sê mnr. Fourie.
Lees ook: Mike Bolhuis: ‘Van Staden a super-crook’
Cromhout het destyds aan sy familie gesê dat hy en Steenkamp op pad Venezuela toe is om geld te gaan haal om beleggers mee te betaal. Daar is nooit weer van hulle gehoor nie en daar is geen rekord dat hulle die land verlaat het nie.
Mnr. Fourie sê dat hy die ergste verwag en nie verbaas sal wees as Cromhout vermoor is nie, omdat hy nie willenswetens mense sou indoen nie.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
