News

Sakeman en jong meisie dood in vreemde omstandighede

’n Bekende sakeman en ’n 18-jarige meisie is in vreemde omstandighede met skietwonde by ’n landgoed op Muldersdrift (Krugersdorp) gevind.

Albei was reeds dood toe sektorlede hulle gekry het.

Mnr. Marius Spiller (62) (eienaar van Viva Engineering, wat ook ’n werkswinkel in Middelburg gehad het) en die 18-jarige vrou (haar naam is nog nie bekend nie), is verlede Donderdag in sy huis by die landgoed gekry.

Konst. Slindile Ntuli (van die Muldersdrift Polisie) het vanoggend vir www.mobserver.co.za gesê dat sektorlede verlede Donderdag omstreeks 14:00 ’n klagte gekry het dat daar skote by ’n landgoed afgevuur is.

Lees ook: Opvolg: Sy het geweet hy wil haar skiet

Met hul aankoms het hulle mnr. Spiller en die 18-jarige meisie in die huis gekry. Beide is geskiet.

Konst. Ntuli het gesê dat hulle ’n moord/selfmoord klagte ondersoek en dat die polisie steeds besig is om met die ondersoek.
Op die vraag of daar moontlik ’n derde party betrokke kon wees by die voorval, het sy gesê dat hulle alle leidrade opvolg.

Dit is duidelik dat mnr. Spiller se familie en vriende glo dat hy en die meisie vermoor is.

Een van mnr. Spiller se kinders (haar naam word weens menslikheidredes weerhou) het op Facebook gesê: “Ek haat dat iemand besluit het om jou lewe te eindig.”

Lees ook: Video: Skuldig vir moord op ‘mooi mens’

Sy lewensmaat van baie jare, me. Sanette Mitchell van Middelburg sê,
“Die mens wat ons geken het was nie aggressief nie”.

Me. Mitchell het genoem dat sy hand altyd oop was vir ander en dat veral die Middelburg Hospicevereniging hom na aan die hart gelê het.
“Marius was ’n amazing pa gewees en daar is dinge wat mense op sosiale media kwytraak wat nie waar is nie!”

•Mnr. Spiller word oorleef deur sewe kinders.

•Me. Mictchell sê die plan was om Vrydag om 11:00 uit die Lighuis gemeente ’n roudiens te hou, maar een van mnr. Spiller se kinders is met vakansie en die reëlings sal moontlik moet verander.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button