Kom luister Country en help ‘n lewe
Drie bekende Countrylegendes, Lance James, Manie Jackson en Clive Bruce, tree Donderdagaand ten bate van die ernstig siek Mekayla Steenkamp (4) op.

Die vertoning begin om 18:30 by Event City. Kaartjies beloop R100 per persoon.
Eet- en drinkgoed sal te koop wees.
Mekayla is al voor haar geboorte met hidrokefalis gediagnoseer. Haar boetie is op ‘n agt maande swangerskap dood aan dieselfde toestand.
Op vyf en ’n half maande kry sy ’n dreineringspyp (ventrikulo-peritoneale shunt) wat vog vanaf haar brein na haar maag dreineer. In Oktober hierdie jaar word sy skielik ernstig siek met maagpyn wat nie wil weggaan nie.
Dit vererger later só dat ‘n skandering gedoen word en bepaal dat sy ’n abses in haar buik het. Sy moet dringend binne die volgende paar dae ’n operasie ondergaan, want die bakterieë wat die abses veroorsaak, kan deur middel van die dreineringsbuis toegang tot haar brein kry en haar lewe kos.
Weens die ernstige graad van die siekte, kan daar nie gewag word tot die Steve Biko Hospitaal plek het nie.
•’n Hulpfonds is gestig by Ströh Coetzee Prokureurs (wat dit dan ook administreer) om die nodige fondse vir Mekayla te genereer, sodat sy geopereer kan word.
Vir navrae rakende die Countryvertoning of om bydraes te lewer, bel sr. Sandra Pretorius of me. Valerie Potgieter by 013 243 1033 by dr. Riekert Swart se spreekkamers of bel 073 045 7953 (na 13:00). Kaartjies is by dr. Swart se spreekkamers beskikbaar (gebou oorkant Life Midmed Hospitaal).
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
