News

Een dood toe vliegtuig naby Machadodorp neerstort en in vlamme uitbars

Een van vyf insittendes van die Cessna 206 wat Donderdagmiddag naby die Elandshoekpad in die Machadodorp omgewing neergestort het, het Vrydag in die Life Eugene Marais Hospitaal oorlede.

Die identiteit van die oorledene en die vier ander passasiers is nog nie deur die polisie bekendgemaak nie.

ER24 ambulansdienste het omstreeks 17:00 by die onherberglike toneel opgedaag.
Die Cessna 206 het neergestort en in vlamme uitgebars.

FOTO: Lowvelder

Die insittendes het pad toe gevlug waar plaaswerkers hulp ontbied het.

Die oorledene is na eMalahleni se Kosmos Hospitaal gehaas waar hy gestabiliseer en oorgeplaas is na Life Eugene Marais se brandeenheid toe.
Hy het egter later aan sy wonde beswyk. Die slagoffer het 95% brandwonde oor sy hele liggaam opgedoen.

Lees ook: UPDATE: Victim confirmed to have died after plane crash near Machadodorp

Die ander passasiers het ook brandwonde opgedoen.

FOTO: Lowvelder.

Die Burgerlugvaart Owerheid se Kabelo Ledwaba sê dat die ongeluk ondersoek word en dat ’n interim verslag oor hul bevindings binne 30 dae uitgereik sal word.

Indien die ondersoek nie binne 12 maande opgelos kan word, of ’n finale verslag openbaar gemaak kan word nie, sal die owerheid ’n interim verklaring uitreik oor die vordering van die ondersoek.

Die vliegtuig was gemerk as een van Bushpilot Adventures se vlieg-safarituie.

Mnr. Ledwaba wou nie sê of die passasiers bloot op ’n pretvlug was toe die vliegtuig neergestort het nie.
Die besigheid organiseer selfvlieg lug safaries vir gelisensieerde vlieëniers. Dit word van Wonderboom lughawe af bedryf.

FOTO: Lowvelder.

Die besigheid kon nie bereik word vir kommentaar nie.

• Die Machadodorp vliegongeluk is voorafgegaan deur ’n soortgelyke voorval by die Marble Hall Vliegveld voorverlede Sondag.
Twee mense het wonderbaarlik uit die wrak van Cessna geklim nadat dit neergestort het.

Die lugvaartowerheid wou ook nie inligting oor die insident bekendmaak voordat die ondersoek nie afgehandel is nie.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button