News

VIDEO: Liggiefees het begin!

Die Liggiefees het gisteraand begin en Middelburgers kan nie bekostig om hierdie fees te mis nie!

Middelburg Care Village se liggiefees is ’n eerste, maar sal dit beslis nou op ’n jaarlikse basis aangebied word.

Die fees sal aanhou tot op 14 Desember daagliks vanaf 17:00-21:00 by die Middelburg Care Village. Toegang is R20.

Die stalletjies met van Kersgeskenke tot eet- en drinkgoed, is al vanaf 17:00 oop. Omstreeks 19:00 kan almal begin deurstap om al die liggies by die verskillende huise te bekyk.

Dié Sondag (9 Desember) is die enigste dag wat die liggiefees onderbreek word met die Mannaprojek se Kersliedere by Kerslig vanaf 17:00. Gesinne moet net hul piekniekmandjies, asook ’n stoel/kombers en ’n kers/flits saambring. Toegang is nie-bederfbare kruideniersware.

Op 10 Desember gaan die liggiefees weer aan soos gewoonlik (17:00-21:00) tot 14 Desember.

Elke aand is daar vermaak deur plaaslike kunstenaars met die Mpumalanga Jeugkoor wat vanaand (Dinsdag) en Woensdag Kersliedere sal sing.

•Daar is meer is genoeg sit- en kuierplek, sodat gesinne kan saamkuier tot sluitingstyd.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button