Klippe, asblikke en rommel in strate – betogers veroorsaak chaos
Chaos het Dinsdag is Marble Hall uitgebreek toe betogers die strate vol klippe pak, asblikke omgooi en rommel in die dorp rondgooi.
Hierdie staking is reeds vanaf 14 November af aan die gang.
Inwoners is nie net onststoke oor hoe hul dorp bemors word deur die betogers nie, maar ook omdat Ephraim Mogale Munisipaliteit tans geen dienste kan lewer nie, omdat lede van die Suid-Afrikaanse Werkersunie (SAMWU) voor die munisipaliteit staak.
Die SAMWU lede het by die munisipaliteit asblikke omgekeer, waarna hul na die sentrale sakegebied beweeg het en verder groot klippe in die strate gepak het, rommel gestrooi het en asblikke omgekeer het.

Mnr. Flip Jacobs, DA-leier, sê dat die munisipaliteit oop is, maar aangesien die meerderheid van die munisipale werkers deel is van die staking, word daar omtrent geen dienste gelewer nie.
Inwoners sê dat hul nie eers by ’n winkel of apteek in Marble Hall kan parkeer nie, want klippe en asblikke lê die parkering vol.
Mnr. Jacobs sê dat mense uit die gemeenskap meeste van die rommel probeer skoonmaak het, maar dat hul gedreig word deur die betogers wat hulle met klippe wil gooi.
“60% van dié betogers kom van kleiner dorpe buite Marble Hall maar vorm steeds deel van Ephraim Mogale Munispaliteit. Dit is nie eers dorp se eie inwoners wat die dorp so bemors nie! Vreemdelinge kom net ons dorp binne en vernietig dit! Hulle gee net nie om nie,” sê mnr. Jacobs.

Hy vertel verder dat die oorsaak van die staking is as gevolg van die Ephraim Mogale Munisipaliteit een van die sewe Limpopo munisipaliteite is wat R1,6 miljard onwettig belê het in die omstrede Venda-bouvereniging (VBS) Mutual Bank in die 2017/2018 finansiële jaar. Ephriam Mogale het R83,4 miljoen belê.
“Die betogers wil die burgemeester weg hê, want hul voel dat die burgemeester verantwoordelik was vir die besluit dat die geld belê is,” sê mnr. Jacobs.
•Die staking het Donderdagoggend teen druktyd nog voortgeduur.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
