News

‘Huis van gruwels’ ma lewenslank tronk toe

’n Ma het skuldig gepleit op klagtes vir haar aandeel aan gruwelike mishandeling op hul drie kinders en is verlede week lewenslank tronk toe gestuur.

Sy het onder andere skuldig gepleit op klagtes van kindermishandeling en die versuim om seksmisdrywe teen haar dogter aan te meld.
Die dogtertjie was sewe en haar boeties nege maande en ses dae oud toe hulle uit die sorg van hul ouers verwyder is.

Die seuntjies is gevind tussen honde-ontlasting en was ondervoed en moes hospitaalbehandeling kry.

Lees ook: Middelburg se eie huis van gruwels

Hul ouer sussie is met bloeiende boude, sonder onderklere, in haar eie ontlasting gekry. Sy het weens die mishandeling ook nie beheer oor haar maag en blaas gehad nie.

Tydens vonnisoplegging het landdros Deon Minnie gesê dat die ma haar dogter op die “grofste manier moontlik verraai het.”

Alhoewel sy nie fisies by die verkragting betrokke was nie, het hy haar as medepligtige aan die dade lewenslank tronk toe gestuur.

Lees ook: Huis van gruwels – Ouers eet terwyl honger kind kyk

Sy is ook tot drie jaar gevangenisstraf vir die versuim om die verkragtings aan te meld gevonnis, en vyf jaar vir mishandeling. Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word.
Die pa het onskuldig gepleit op die klagtes en sy verhoor sal volgende jaar begin.

•Die ma se naam word weerhou om die kinders se identiteit te beskerm.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button