News

Motorfiets vanoggend gesteel!

’n Kawasaki ZXR6 motorfiets (registrasienommer VZS176GP) en drie valhelms is vroeg vanoggend (Dinsdag), net twee dae nadat bykans al die honde in die omgewing vergiftig is, in Kanonkop gesteel.

Wat die Venters omkrap is dat die motorhuis by hul kamervenster is. “Ons het niks gehoor nie!”

Mnr. Barney Venter sê die booswigte het die hekmotor en hekslot gebreek en daarna die hek oopgeskuif.

Die motorhuis is oopgebreek waar hulle die Kawasaki en die drie valhelms gesteel het. Daar het in totaal drie motorfietse in die motorhuis gestaan en net die Kawasaki is gesteel.

Mnr. Venter sê hulle het verwag dat iets gaan gebeur, nadat booswigte oor die naweek vyf honde gif ingegee het in Korhaanstraat. Vier van die honde het gevrek.

“Hulle het reg rondom my die honde vergiftig!”

•Mnr. Venter vra dat as enigiemand die motorfiets opmerk, om hom te bel by 076 584 1591.

•Die motorfiets kan uitgeken word aan sy unieke groen kleur. Daar is net ’n paar van dié tipes Kawasaki’s in 2007 vervaardig.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button