News

Hoe om ‘n troeteldier aan te neem

Gaan neem 'n troeteldier aan by die Dierebeskermingsvereniging en verseker dat daardie hondjie of katjie die liefde kry wat hy verdien.

Baie mense wonder egter steeds wat die prosedure is om ’n dier aan te neen.

Volgens senior inspekteur Petro Oberholzer (Middelburg DBV bestuurder) word hulle soms deur mense sleg gesê, omdat die nuwe troeteldiereienaar ’n fooi moet betaal.

Hierdie fooie sluit egter sterilisasie, ontwurming, eerste inenting en mikroskyfie in. Sy sê die DBV maak géén wins op hierdie fooie nie, aangesien hulle self ook die veeartse moet betaal.

Die aannemingsproses is as volg:

•’n Aansoekvorm word ingevul en word die persoon deur middel van sy antwoorde gekeur of hy geskik is om na ‘n troeteldier om te sien.

•Die DBV doen ‘n huisbesoek om te kyk of die eiendom geskik is vir die dier om te bly.

•Daarna word die fooie betaal. Kat-aannemings beloop R620 per kat en honde tussen R850 en R1100 (na gelang van grootte van die hond).

•Daar is verskeie honde en katte, waaronder babahondjies en katjies, beskikbaar vir aanneming. •Aannemings word nie telefonies hanteer nie. Persone moet self na die DBV toe gaan.

Jonas Lubisi wys die vriendelike hondjie wat ook ‘n huis soek.
Senior Inspekteur Petro Oberholzer met die liefdevolle Jack Russel wat beskikbaar is vir aanneming.
Jonas speel met die ma en kleintjies wat beskikbaar is vir aanneming.
Jonas Lubisi met die foksterrier kruising hondjie wat vra vir n huis.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button