Inwoners het hulle tot www.mobserver.co.za gewend omdat hulle geen antwoorde of water kry nie.
Mnr. Mpho Makgatha (adjunk direkteur, siviele ingenieursdienste, Steve Tshwete Munisipaliteit) het vanoggend gemeld dat hulle bewus is van die probleem.
Volgens hom het hulle reeds gister Jo Jo tenks na die dorp gestuur, terwyl hulle in onderhandelings is met Eskom en Optimum.
‘n Inwoner het egter laat weet dat daar twee watertenks gestuur is.
Een in Kwazamokuhle en een in Hendrina.
“Die een in Kwaza se water is vuil en ondrinkbaar en die een op Hendrina is leeg!”
In ‘n sms aan inwoners het die munisipaliteit laat weet dat die krag na Optimum Myn se watersuiwerings aanleg nog nie weer aangesit is nie.
Dit beteken dat water nie gesuiwer of gepomp kan word na die dorp toe nie.
Verder is genoem dat Optimum in gesprek is met Eskom om die kragtoevoer krisis aan te spreek.
“Dis een groot gemors hier op Hendrina en niemand kan antwoorde gee nie! En die ouetehuis se tenk is ook reeds byna leeg. ”
*’n Joernalis van www.mobserver.co.za het ook navraag probeer doen by Eskom en Optimum, maar die laaste twee dae was niemand beskikbaar vir antwoorde nie.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
