News

Hoe dan nou met boetes?

’n Inwoner sê dat sy skepties is oor die munisipaliteit se nuwe verkeersboetestelsel, nadat sy gedwing is hom haar boete twee keer te betaal. Die vrou het versoek om anoniem te bly.

Sy sê dat sy ’n paar weke gelede in Walter Sisulustraat deur ’n padblokkade gery het. ’n Kamera skandeer motors se nommerplate en stel verkeersbeamptes in kennis oor watter motoriste uitstaande boetes het.

Die vrou is afgetrek en ingelig dat sy ’n uitstaande boete het wat sy in Oktober 2017 gekry het en dat daar reeds ’n lasbrief vir haar uitgereik is. Sy het aan verkeersbeamptes gesê dat sy lankal die boete betaal het.

“Hulle wou weet hoekom ek nie bewyse by my het nie. Hoe moet ek plek maak vir ’n jaar se dokumentasie in my kar?” het die vrou gevra.

Sy is gedwing om die boete weer te betaal, sowel as ’n skulderkenningsboete vir minagting van die hof, of om gearresteer te word.
Sy het van daar na haar werkskantoor gery en die bewys van haar betaling gaan haal.

“Toe ek dit vir die verkeersman by die padblokkade wys, het hy gesê ek moes dit by my gehad het en ek moet nou munisipaliteit toe gaan.”

Die vrou is ingelig dat daar ’n fout op hul sisteem was en dat die inligting dat sy die boete betaal het nie opgedateer is nie.
Sy het haar geld terug gesoek, maar is ingelig dat dit slegs deur ’n tjek terugbetaal kan word.

“Nou moet ek wag tot hulle bel en sê die tjek is reg, dan moet ek by die werk ry, dit gaan haal en bank toe vat. Ek moet bankkostes betaal en ek mors my tyd,” sê die vrou.
Sy sê dat die ergste van die hele ervaring die vernedering is wat jy by die padblokkade ervaar.

•Verlede jaar Desember het ’n ander Middelburg inwoner dieselfde oorgekom. Sy het gelukkig per toeval haar betaalstrokie in haar motor se paneelkissie gehad en kon dit aan verkeersbeamptes wat haar wou arresteer, toon.

•’n Ander inwoner het die wettigheid daarvan om mense summier te arresteer betwyfel.
“Hoe kan iemand ’n boete vir minagting van die hof betaal as hy nie in die hof verskyn het nie? As jy gearresteer word moet hulle ook in staat wees om vir jou die lasbrief vir jou arrestasie fisies te wys,” het die inwoner gesê. Hy het versoek om anoniem gehou te word weens die tipe werk wat hy doen.

•Die munisipaliteit kon nie voor druktyd kommentaar lewer nie.

 

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button