News

Wat maak ek as my hond wegraak?

Gedurende die feesseisoen is daar kort-kort mense wie se honde wegraak.

Die DBV doen ‘n beroep op gesinne om wanneer hul troeteldiere wegraak, so gou as moontlik die DBV te kontak om te kyk of die dier nie in hul hokke beland het nie.

“As jou hond/kat langer as sewe dae by die DBV is, word die troeteldier die eiendom van die DBV. Dan moet jy hom weer aanneem volgens skutregulasies,” sê senior-inspekteur Petro Oberholzer (bestuurder, Middelburg DBV).

Sy het dit duidelik gestel dat die DBV nié agter diere aanhardloop in strate nie, omdat dit ’n gevaar inhou dat die dier doodgery kan word.

As mense diere inbring na die DBV wat hulle in die straat gekry het, word gevra dat hulle die vorms moet invul by die buite-hokke as hulle nie daar is nie, sodat hulle kan weet van watter area die dier afkomstig is.

Sy vra ook mooi dat hulle die hond/kat in een van die hokke sal toemaak en dit sal sluit, sodat die dier nie weer kan uitkom nie.

Sou daar diere aankom by mense se huis en hulle is bereid om die dier ’n rukkie te hou tot die eienaar hom opeis, word hulle gevra om ook die DBV in kennis te stel. “Die DBV is die eerste plek wat mense bel as hul honde weg is en dan kan ons hulle verwys na die adres waar die hond/kat gehuisves word.”

Vir enige verdere navrae, bel die DBV by 013 246 1201.

 

Lees ook:

Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou

Kanonkop matrieks groet

Ouma is lus en vaar die strate in

VIDEO: Karien is pure goud

 

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button