VIDEO: Paramedici veg vir meer as uur vir kind se lewe
Paramedici van Legacy Ambulansdienste het vir meer as 'n uur vanmiddag geveg om 'n tienjarige dogtertjie se lewe te red.
Na wat verneem word het iemand die kind in die swembad sien dryf.
‘n Persoon met noodhulpondervinding het dadelik begin met mond tot mond asemhaling, waarna paramedici van Legacy by hom oorgeneem het.
Daar is pas aan www.mobserver.co.za gemeld dat hulle sowat ‘n uur en 20 minute vir haar lewe geveg het.
‘ n Helikopter van Halo het haar laat vanmiddag opgepik waarna sy na die Middelburg Hospitaal geneem is.
Op hierdie stadium word daar nog toetse op die kind gedoen om te bepaal hoe lank sy sonder suurstof was.
Lees ook:
Dorp neem afskeid van geliefde polisievrou
Ouma is lus en vaar die strate in
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
