News

Tweespalt oor geskeurde hemp

’n Dronk wag, ’n geskeurde hemp en ’n gevattery, het tot twis gelei tussen Hawk Sekuriteit en ’n verloofde paartjie.

Mnr. Pieter Buys en sy verloofde, Elmarie da Silva, sê dat hulle in die Clicks parkeerterrein by die Oaks Sentrum was en uit die bloute deur ’n sekuriteitswag van Hawk genader is.
Die wag was glo ooglopend dronk en het “spontaan” met die paartjie begin praat oor moontlike werk vir mnr. Buys.

Toe die twee later terugkeer om met die wag se skofbaas te gesels oor die werk, het die wag wie se naam aan die Observer bekend is, skielik begin om me. Da Silva te begin betas “oor haar boude en borste”.

Toe mnr. Buys tussenbeide wou tree, is sy Jeep hemp na bewering van sy lyf afgeskeur.

Die paartjie het Hawk geskakel, waarna die skofbaas daar aangekom het. Die wag is dieselfde dag summier afgedank weens die maatskappy se streng anti-drank beleid, het Hawk bevestig.
Maandag was die paartjie by die maatskappy waar hulle beweer hulle “gesmeek is” om nie ’n klag by die polisie te gaan lê nie.

Die maatskappy het glo onderneem om die hemp te vervang. Mnr. Buys sê hy het kwotasies vir die hemp op meer as een geleentheid gaan inhandig maar dat Hawk nog nie die R550 hemp vervang het nie.

Ander wagte in diens van Hawk vertel dat hulle gesien het hoe die paartjie saam gedrink het. Die getuies ontken ook dat daar ’n fisiese geveg tussen die partye was.

Hawk sê dat hulle die paartjie beslis aangemoedig het om die saak by die polisie aan te meld.

Hawk Sekuriteit eienaar, mnr. Stefan Bezuidenhout, sê dat die storie bietjie dik vir ’n daalder is – “hoekom sal die wag uit die bloute net met die mense begin gesels en beloftes van werk maak?” vra hy.

Hy moedig die paartjie steeds aan om die polisie te nader.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button