‘Beboet morsjorse!’ sê inwoner
Omdat hulle so vroeg al op ons dorp se paaie oefen, sien ons dorp se fietsryers byna daagliks morsjorse wat onwettig oral vullis stort.
Een van die fietsryers (wat anoniem wil bly) vertel dat hy Maandag twee bakkies opgemerk het wat gestop het onderkant die Dierebeskermingsvereniging, net voor die spruit by die ou skougronde.
Die insittendes het uitgespring en sommer dadelik begin vullis aflaai in die veld.
Die fietsryer het dadelik begin rondbel, waarop ’n verkeersman ’n rukkie later opgedaag en met die rommelstrooiers gaan praat het.
“Die een bakkie was reeds weg toe die verkeersman daar kom, maar ek glo die ander een het ’n vet boete gekry.”
Hy het gesê dat die fietsryers in die oggende voor 06:00 al oefen en dan op ’n gereelde basis sien hoe skoonmakers al douvoordag die gemors optel langs die Klein Olifantsrivier.
“Ek het twee Saterdae gelede gesien hoe ’n vrou met ’n kruk al voor sesuur gemors loop en optel bokant McDonald’s in die dorp! Ons wil net sê, ons as inwoners sien dit raak en dat ons dankbaar is vir ’n puik munisipaliteit.”
Die fietsryer is van mening dat morsjorse baie groter boetes moet kry. “Ek wil sommer voorstel dat hulle die skuldiges se voertuie skut vir ten minste drie dae en dan as deel van hul straf die hele terrein wat bemors is se vuilgoed moet wegry!”
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
