News

Tienerseun wat oorlede is in Sondag bustragedie geïdentifiseer

Die oorledene in Sondag se tragiese busongeluk anderkant Laersdrift in die omgewing van Modderspruit, is geïdentifiseer as die 14-jarige Gideon Miller wat tans in Graad 8 by HTMiddelburg ingeskryf is.

Gideon het Saterdag nog saam sy mede Graad 8 leerlinge die groentjiekonsert vir ouers aangebied voordat hy Steelpoort toe is vir ’n kuier by sy ouers.
Sy ouers het hom saam geneem na afloop van die konsert.

Die ongeluk het omstreeks 17:00 plaasgevind op pad terug na Middelburg.

Lees ook: Een persoon oorlede na bus met skoliere onderweg van Steelpoort na Middelburg omslaan

Die bus het op die nat pad omgeslaan, op die sykant in die aankomende baan gegly en op die skouer aan die anderkant van die pad te lande gekom.
Gideon was onder die bus vasgepen en is op die toneel dood verklaar.

Die toneel is afgesper vir nooddienswerkers om die bus te stabiliseer weens vrese dat die bus verder in die modder by die skuinste af sou gly.
Die skrander leerling was verlede jaar hoofseun by Steelpoort Akademie.

• Kry jou uitgawe van Vrydag se Middelburg Observer vir meer besonderhede.

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button