Tussen 15 en 20 kinders op bus sê nooddienste
Nooddienste op Sondag se toneel sê daar word nog bespiegel hoeveel kinders presies op die bus was toe dit naby Laersdrift gerol het.

Gideon Miller (13) is in die ongeluk omstreeks 16:30 op die R555 oorlede, nadat hy onder die bus, wat op ’n nat pad omgeslaan het, beland het.
Volgens nooddienste het verskeie ouers vanuit Steelpoort, waar die kinders die naweek by hul ouers gekuier het, na die toneel gejaag.
Talle lig beseerdes is na Life Midmed Hospitaal per ambulans gehaas, maar ook deur ouers.
Lees ook: Ouers jaag na toneel nadat bus op nat R555 omslaan en een kind sterf
“Daar word bespiegel dat daar tussen 15 en 20 kinders op die bus was,” het ’n ambulansman aan www.mobserver.co.za gesê.
Hy sê omdat ouers en ook boere van die omgewing na die toneel gejaag het om hulp te verleen, daar nie ’n presiese telling van passasiers was nie.
Die Roossenekal polisie kon ook nog nie bevestig hoeveel kinders op die bus was nie.
Lees ook: Tienerseun wat oorlede is in Sondag bustragedie geïdentifiseer
Leerlinge van beide Hoër Tegnies Middelburg, waar Miller in Graad 8 ingeskryf was, en Hoërskool Middelburg, is op die bus van Steelpoort na Middelburg vervoer.
Miller het Saterdag na afloop van HTS se groentjiekonsert, saam met sy ouers na Steelpoort vertrek.
Hy was verlede jaar hoofseun van Steelpoort Akademie.
Lees ook:
Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk
Annica van Staden slagoffers verloor duisende
VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte
Soek jy nuus op ’n drafstap?
Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.
“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.
Volg ons YouTube kanaal.
Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry
Het julle vir ons ’n storie?
Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za
