News

VIDEO: HTS sê ‘n hartseer totsiens vir begaafde ‘blougat’ wat in bustragedie sterf

Daar is vanoggend op ’n hartroerende gedenkdiens afskeid geneem van die 13-jarige Graad 8 HTS Middelburg leerling Gideon Miller wat Sondag oorlede is in die bustragedie duskant Laersdrift.

Talle Hoërskool Middelburg leerlinge het ook die diens in hul skooldrag bygewoon en is warm deur die Rooies verwelkom waar Gideon net drie dae in die skool was.

Hy is Sondag omstreeks 16:00 oorlede nadat die bus waarin hy en 13 ander koshuisgangers van beide HTS en Hoërskool Middelburg op pad na Middelburg van Steelpoort onderweg was, omgeslaan en Gideon onder die bus vasgepen was.

Lees ook: Tienerseun wat oorlede is in Sondag bustragedie geïdentifiseer

Gideon se broer, Fanie, het verlede jaar aan HTS gematrikuleer waar Gideon by huis Douw Smit in sy ouboet se voetspore sou volg.

Ds. Hardus van Niekerk het in sy treffende preek almal herinner dat Jesus die dood oorwin het en daardeur vir Gideon ’n nuwe lewe verseker maar saam met ons wat agterbly treur oor die geweldige verlies van die begaafde seun wat verlede jaar hoofseun en Dux leerling was by Steelpoort Akademie.

• In vandag se uitgawe van die Middelburg Observer word daar hulde gebring aan die seun wat almal om hom se lewens vir 13 jaar verryk het.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button