News

Gesin verhuis weens misdaad

’n Middelburgse gesin verhuis dié naweek na Gauteng, omdat hulle genoeg gehad het van misdaad op die dorp.

Me. Juanita Harmse sê hulle het reeds alles gepak “want dit is nie meer veilig om hier te bly nie.”
Daar is oor die naweek vir die soveelste keer by hul huis in Joubertstraat ingebreek.

Hulle was weg vir die naweek. Sondag omstreeks 01:30 het hul buurman, mnr. JP Maritz, gebel om te vra of hulle tuis is, want hy hoor ’n kraan in hul huis loop.
Me. Harmse het hom verseker hulle is nie daar nie, waarop hy oor die muur gespring het om te gaan kyk wat aangaan.

Lees ook: Misdaad floreer terwyl magstryd woed

By die waskamer het hy opgemerk dat die veiligheidshek oopgebreek is en dat ’n kraan, wat aan ’n wasmasjien gekoppel moet wees, oop is.
Hy het me. Harmse wéér gebel en gevra waar hul wasmasjien is, waarop hulle besef het dat haar 13kg Samsung bolaai wasmasjien gesteel is. Met hul terugkeer het hulle gesien dat ook hul grassnyer en Weber braaier weg is.

Twee weke voor dié inbraak is daar helder oordag by hulle ingebreek toe hulle gou Middelburg Mall toe gery het. Hiertydens is skootrekenaars, ’n juwelehouertjie (vol juwele) en ’n videokamera gesteel.

Lees ook: Regtig min misdaad in dorp?

Die artikels, wat deel was van bagasie toe hulle vir ’n naweek weg was, het in die sitkamer gestaan.
Hul televisie was al ontkoppel, maar die booswigte kon dit nie weer deur die venster se diefwering kry nie en het dit net so daar gelaat.

Twee dae later was me. Harmse alleen die oggend met haar baba tuis, toe sy ’n verdagte in die erf opmerk. Sy het die paniekknoppie gedruk en die booswig is deur die sekuriteitsoffisiere van die alarmbesigheid gevang.

Hy is later laat gaan, omdat hy te vertel gehad het dat hy die gras wou kom sny.

Me. Harmse glo dat hul huis dopgehou word, want in September verlede jaar is daar ingebreek by haar man se werksbakkie toe hulle ook vir ’n naweek weg was.

 

 

 

Lees ook:

 

Nuwe tierbaba by Mbidi

Video: Opruimingswerk begin na drie damwalle breek weens wolkbreuk

Annica van Staden slagoffers verloor duisende

VIDEO: Seekoei kuier op Elandslaagte

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur tobie@mobserver.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button